Skip to main content

Research Repository

Advanced Search

Feticide: Continuing the Search for a Unified Approach to the Unborn

Pickles, Camilla

Authors



Abstract

Die artikel oorweeg die vraagstuk van “feticide” en die moontlike toepassing daarvan in Suid Afrika binne die konteks van geweld teen swanger vroue wat lei tot die beëindiging van 'n swangerskap. S v Mshumpa 2008 1 SACR 126 (OK) bevestig dat die gemeenregtelike misdaad, moord, nie op ongeborenes toepassing vind nie. Sedert hierdie beslissing was daar al verskeie beroepe op regshervorming. Een akademikus voer aan dat die ongeborene afsonderlike beskerming in die konteks van geweld teen swanger vroue benodig en stel voor dat die statutêre misdaad “feticide” in Suid-Afrika ingestel word. Deur gebruik te maak van die Wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap 92 van 1996 en die grondwetlike waarde van menswaardigheid, poog dié skrywer om eenvormige benadering met betrekking tot die ongeborene ten aansien van aborsie en “feticide” te ontwikkel. Hierdie artikel is krities met betrekking tot die voorgestelde “feticide”-wetgewing en dui aan hoe die voorgestelde misdaad van “feticide” nie ooreenstem met die huidige wetgewing en die Grondwet nie. Eerstens, om die ongeborene as > entiteit afsonderlik van die swanger vrou te benader, is in konflik met die Wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap en bied dus nie > eenvormige benadering ten aansien van die ongeborene nie. Tweedens, toon hierdie artikel aan dat nie op die grondwetlike waarde van menswaardigheid gesteun kan word ten einde afsonderlike regsbeskerming van die ongeborene te verleen wanneer daar geen grondwetlike regte is wat uitgelê of beperk kan word nie. Verder, deur die ongeborene slegs te beskerm ten opsigte van die gedrag van > derde, word die waarde van menswaardigheid ondermyn aangesien die waarde daarvan gekoppel word aan > spesifieke verhouding waarin 'n persoon tot die ongeborene staan. Derdens, deur te steun op die Verenigde State se ervaring ten opsigte van “feticide”-maatreëls, toon hierdie artikel dat “feticide” nie regtig geweld teen vroue beperk nie. Gevolglik bied “feticide” ook nie veel beskerming vir die ongeborene nie. Die artikel verwerp die behoefte aan afsonderlike beskerming vir die ongeborene en stel voor dat die ongeborene beskerming deur middel van die swanger vrou geniet. Hierdie artikel gebruik vroue se grondwetlike reg tot reproduktiewe beheer as die basis om die leed wat beide die swanger vrou en die ongeborene aangedoen word, reg te stel. Hierdie artikel toon dat dié benadering in ooreenstemming is met die Wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap en die grondwetlike waarde van menswaardigheid.

Citation

Pickles, C. (2017). Feticide: Continuing the Search for a Unified Approach to the Unborn. Tydskrif vir hedendaagse romeins-hollandse reg, 80(1), 44-61

Journal Article Type Article
Acceptance Date Aug 11, 2016
Online Publication Date Feb 2, 2017
Publication Date 2017-02
Deposit Date Sep 23, 2019
Journal Journal of Contemporary Roman-Dutch Law
Print ISSN 1682-4490
Publisher Journal of Contemporary Roman-Dutch Law
Peer Reviewed Peer Reviewed
Volume 80
Issue 1
Pages 44-61
Publisher URL https://store.lexisnexis.co.za/categories/law/legal-practice-385/tydskrif-vir-hedendaagse-romeinshollandse-reg-journal-of-contemporary-romandutch-law-skuZASKU9780409079241/details
Related Public URLs https://ora.ox.ac.uk/objects/uuid:3c085ae9-3eed-4842-a969-1a032b06462e